Olimpiese Somerspele 2016

Spele van die XXXIe Olimpiade
Olimpiesespele van 2016

Gehou in Rio de Janeiro, Brasilië
Deelnemende lande 205 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 11 238 (6 179 mans, 5 059 vroue)[1]
Items 306 in 28 sporte[2]
Openingseremonie 5 Augustus 2016
Sluitingseremonie 21 Augustus 2016
Amptelik geopen deur Adjunkpresident Michel Temer[3]
Atlete-eed Robert Scheidt (seilvaart)
Beampte-eed Martinho Nobre (atletiek)
Olimpiese vlam Vanderlei de Lima (atletiek)
Vorige Spele 2012: Londen (VK)
Volgende Spele 2020: Tokio (Japan)

Die Olimpiese Somerspele 2016 (Portugees: Jogos Olímpicos de Verão de 2016 [ˈʒɔɡuz oˈlĩpikus dʒi veˈɾɐ̃w dʒi ˈdojz ˈmiw i dʒizeˈsejs]), amptelik bekend as die Spele van die XXXIste Olimpiade, is tussen 5 en 21 Augustus 2016 in Rio de Janeiro, Brasilië, aangebied. Tydens die geleentheid het 11 238 atlete uit 205 nasies aan 306 items in 28 verskillende sportsoorte deelgeneem. Die spanne van Kosovo en Suid-Soedan het vir die eerste keer aan Olimpiese Spele deelgeneem.[4]

Maracanã-stadion in Rio de Janeiro

Dit was die 31ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896. Dit was ook die eerste keer dat Rio de Janeiro, Brasilië en 'n Portugeestalige land die spele organiseer het, die eerste Somerspele in Suid-Amerika, die tweede keer in 'n Latyns-Amerikaanse stad ná Meksikostad in 1968 en die eerste keer sedert 2000 (en derde algeheel) in die Suidelike Halfrond.[5] Naas Rio de Janeiro was Madrid, Tokio en Chicago kandidate vir die organisasie van die 2016-Somerspele.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Maracanã-stadion plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Brasilië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Portugees is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Wayde van Niekerk, die naelloper wat in die 200 meter en 400 meter meeding, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[6]

Die Paralimpiese Somerspele 2016 is tussen 7 en 18 September in Rio de Janeiro gehou.

  1. "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  2. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 7 Maart 2018.
  3. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  4. "About Rio 2016 Summer Olympics". Rio 2016 Olympics Wiki (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2020. Besoek op 7 Maart 2018.
  5. "Why Winter Olympics Bypass the Southern Hemisphere - Winter Olympics 2014" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020.
  6. (en) http://www.sascoc.co.za/2016/07/22/wayde-zanele-named-as-sa-flagbearers-at-rio-send-off/ Geargiveer 29 Junie 2018 op Wayback Machine

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne